Patentereg | Patent Registrations

Gesels met my oor jou uitvinding of idee!

Marko Vermaak

Marko Vermaak

Direkteur

Om patenteerbaar te wees, moet ‘n uitvinding nuut en vindingryk wees.

– Nuut, in hierdie verband, beteken dat die uitvinding nêrens in die wêreld bekend moet wees nie.

– Om vindingryk te wees, moet die uitvinding nie voor die hand liggend vir ‘n persoon wat in die betrokke kuns vaardig is, wees nie.

Die kostes verbonde aan die registrasie van ‘n voorlopige- of volledige patentaansoek kan wissel afhangende van die kompleksiteit van die uitvinding. Kontak my gerus dat ons mekaar, hetsy virtueel oor platforms soos Zoom of Microsoft Teams, of in persoon ontmoet. Alle gesprekke sal as streng vertroulik hanteer word. Dit is nie nodig vir jou om ‘n prototipe of fisiese model gereed te hê nie.

Sonder om patenteerbaarheidsoektogte uit te voer, kan ons nie oor die patenteerbaarheid van die uitvinding kommentaar lewer nie. Alhoewel patenteerbaarheidsoektogte nie noodwendig konkreet is nie, kan dit ‘n goeie aanduiding van die patenteerbaarheid van die uitvinding gee. Jy, as die uitvinder, sal waarskynlik ‘n beter idee rakende die nuutheid en vindingrykheid van die uitvinding hê. Ons kan ‘n kwotasie om ‘n patenteerbaarheidsoektog uit te voer, indien nodig verskaf.

✉︎ marko@ip-lawyer.co.za

+27 (0) 82 556 5442